
KAN JY DALK HELP MET 'N PAAR ONBEANTWOORDE VRAE?
DALK 'N STORIE OF BRIEF WAT JY MET ONS WIL DEEL?
(Sien onder aan blad vir kontak besonderhede)
******

Daar is blou bloed in jou
are
Liewe VAN DER MERWE'S,
Uiteindelik is die finale produk gereed. Dit is ‘n dukke boek van 600 bladsye. ‘n Regte familie geskiedenis bybel. A4 grootte in hardeband met ‘n glansomslag. Die boek bevat interessante stories en foto’s, van die Van der Merwe familie, van toeka tot nou. Elke boek kry ook ‘n gratis CD ingesluit: Koos Lekkerlag se stories.
Die Universiteit van Stellenbosch se drukkers, Sunmedia gaan die drukwerk vir ons doen. Hulle is uitstekend.
Ek probeer hard om ook vir ons ‘n afset in Suid-Afrika te kry,sodat die Suid-Afrikaners dit in julle land beskikbaar sal hê. Bid asseblief ook vir my, vir die regte persoon daarvoor. Sal julle ook hiervan op hoogte hou.
Baie dankie vir jou gebede en ondersteuning!
Jy kan nou jou bestelling insit en betaling doen as jy wil. Jy kan ook maandeliks afbetaal. (250 x 4)
Die boek kos: R1000
Addisioneel (sluit asseblief in vir jou pakkie: ekstra)
Namibia R80 posgeld en karton verpakking
Suid-Afrika R100 posgeld en karton verpakking
Bank besonderhede:
Eerste Nasionale Bank Namibia
Wilma de Waal
Spaar rekening: 62030594429
Tak kode: 280372
Swift kode vir kontant inbetalings vanaf SA : FIRNNAX
Stuur asseblief jou betalings bewys:
Epos: jdewaal@iway.na
Fax: 088616664
Stuur asseblief: jou posadres, dorp en poskode
Dankie vir jou ondersteuning.
Wilma van der Merwe/De Waal
Skrywer van Pitkos/Soulfood
Gratis Bybelboodskappies elke dag.
Vir meer inligting:
Tel: 00 264 62 581035
Hiermee dan die opsomming van die boek:
Die boek is in totaal 600 bladsye Hardeband, glansblad met kleur.Ek kyk kortliks na die Stamvader: Willem Schalk
Sy seuns :
B2 Schalk Willem
B13 Hendrik
Asook elkeen van hulle se C nageslagte
Die grootste deel van die boek is vanaf Hoofstuk V - vanaf bladsy 150 - 600
Dit sluit die stories en foto’s in van ons mense.
Daar is letterlik honderde foto’s in vanaf privaat versamelings tot by Drakenstein Heemkring.
Die boek begin by Koning Merwede en eindig met ons mense vandag.
Daar is van Van der Merwe koffie in tot by Van der Merwe spookstories. Stories wat jou laat lag, huil en inspireer.
Die laaste hoofstuk het stories in van my Pa: Koos Lekkerlag, verlangse neef van Tolla. Hy is ook in Clanwilliam se Van der Merwe’s.
Daar is ook stories van die Dorsland trek en Van der Merwe’s in Namibia.
So letterlik die stories van Van der Merwe’s van heinde en verre.
Dit was vir my belangrik om min geslagsregisters in te sit en te konsentreer op die foto’s en stories.
So dit is ‘n boek, wat jy oor en oor kan lees en altyd iets nuuts daarin vind.
Ek hoop die boek inspireer mense, laat hulle verlang na die verlede en droom van die toekoms.
Saam met elke boek is daar ook ‘n gratis CD vol stories van Koos Lekkerlag wat hy self vertel.
Vriendelike Groete
Wilma
******
Dit is altyd lekker om navrae te doen oor die geskiedenis en positiewe terugvoer te kry.
“Tannie Breggie Heyman: ‘n Paar mense onthou haar nog. Sy was die algemene vroedvrou en het oral gehelp waar probleme was. Sy het ook met hoenders geboer en mense het by haar eiers gekoop.
Oom Adderjan Heyman het glo met die kanaalbouery gehelp. (Kanaalgrawers genoem)”
******
Jacobus Frans Van der Merwe
Beskikbare inligting oor Oupa Hannes (J.A.J.) se vader is min. Alle inligting is welkom.
Bo: J.F. van der Merwe
Regs: Foto geneem deur Oupa Hannes (J.A.J. van der Merwe)
Onder: Agter op foto staan: "Louisvale 1990"


Bo: DIE GROOT VRAAG?
Wie is in Louisvale begrawe? Stories en inligting het ons laat glo dis groot Oupa J.F. se graf, maar ons kon nie die regte grafsteen vind nie.
******
******
‘n Nuwe Raaisel:
Ouma Breggie (H.M.J. Steenkamp/van der Merwe/Heyman) is gebore op 15 Oktober 1885. Haar moeder is oorlede op 28 Maart 1887, en haar vader is oorlede op 16 Maart 1888. Wie het vir Ouma Breggie groot gemaak?
******
Elke dag bring nuwe vrae. Vandag wonder ek oor Ouma Breggie se vader J.A.J. Steenkamp.
“Die Ontstaan van Groblershoop:
Die dorp Groblershoop het ontstaan op die plaas Uitdraai wat oorspornklik aan Izak Malherbe behoort het – die enigste plaas van Boegoeberg tot by Saalskop in privaat besit. Die ander was almal staatsgrond wat as pagplase aan boere gegee is. In 1903 koop Izak Meeuwsen, afkomstig van Holland, die grond van Izak Malherbe.
Piet Pepler se pa, Johannes Jacob Izaac Pepler, en sy vrou het hulle rondom 1880 vanaf Franshoek op Keukendraai kom vestig, wat hulle eers gepag en later gekoop het.
Hester Pepler (Meeuwsen) erf dan later die plaas Uitdraai waarop die huis gebou was.”
Vermoede/Navorsing/Vertellings wys dat J.A.J. Steenkamp (Gebore: 1822, Oorlede: 1888) en sy vrou Anna Magdalena Carolina Petronella van Niekerk (Gebore: 1848, Oorlede: 1887) op die plaas Keukendraai oorlede en begrawe is
Het Groot Groot Oupa J.A.J. Steenkamp die plaas Keukendraai verlaat vir J.J.I. Pepler? Het hul saam op die plaas gewoon? Is Keukendraai opgedeel in kleiner plase, en hulle het alby op gedeeltes van dieselfde plaas gewoon? Volgens bogenoemde het die plaas aan die staat behoort, is die omgewing dan werklik ‘n belangrike gebied vir Ouma Breggie se familie, of net bloot toeval?
Antwoorde/duidelikheid verskaf deur: Lokkie van Zyl
“Keukendraai: Daar is ‘n vee plaas Keukendraai wat aan die Peplers behoort. Dis ongeveer 14 duisend hektaar groot. Dit lê weg van die rivier af en behoort al vir minstens 4 geslagte aan die Peplers. Soos in my boek geskryf, het dit ongeveer 1880 in hul besit gekom. Dit was rondom daarie tydperk dat veeboer plase van die staat kon koop. Vantevoere het hulle die gronde van die staat gepag. Hier aan die noordekant van die rivier – in Griekwaland-Wes area – is die plase in die 1880’s deur die staat laat uitmeet (Die meeste grond was nog staatsgrond) Net enkele plase was vantevore al by die Grikwa kaptein gekoop – meestal die rondom fonteine.
Ek het afskrifte gekry vanaf die aktes kantoor in Kimberley van ons plase se transportaktes. Almal se eerste eienaars was eers in 1892. Voorheen was die gronde gepag en dus geen bewys van eienaarskap nie.
Keukendraai langs die rivier: Al langs die kanaal af het die plasies name: Brandboom, Skerpioenpunt, Keukendraai, Opwag, Wegdraai, Saalskop, ens. Dit was staatsgrond. Keukendraai behoort vandag nog aan een van ons kerk se wyke. Die besproeiings erwe (plasies) is uitgemeet nadat die kanaal gegrawe en die gronde gelyk gestroop was. Die erfhouers het eers die grond van die staat gehuur, maar


Hierdie is nie ‘n profesionele blad met nagevorsde inligting nie.
Ek is bloot ‘n amateur wat my familie wil opspoor, en in die proses my versamelde inligting met ander deel.

KONTAK MY:
Lida van der Merwe
Posbus 4563, Mokopane, 0600
E-Pos: alida88@telkomsa.net
Sel: +27 83 647 5778

