Onder: WATER TENK. Gebou deur: Hannes (J.A.J.) van der Merwe. Plek: Vanderbijlpark, Nanneschole plotte 171.
Onder: Ouma Breggie (H.M.J. Steenkamp/Van der Merwe/Heyman) se Bybel, Agtergelaat aan haar oudste seun Nicolaas Johannes van der Merwe, Agtergelaat aan sy oudste seun Jacobus Frans (Kobus) van der Merwe, Geskenk aan sy Neef Jacobus Frans (Koos) van der Merwe vir ONS familie museum.
Onder: Ouma Breggie & Oupa Attie se huis te Groblershoop. (Soos op April 2010)
Wat was hul plaas se naam? Lokkie van Zyl (die skrywer) sê: "Keukendraai langs die rievier"
Onder: Selfs die bok-kraal wat vir die kleinkinders so verskriklik vêr van Ouma Breggie & Oupa Attie se huis was, staan steeds.
Onder: BILLY CAN, (Oorsprong 'n bietjie onduidelik) Agtergelaat aan J.A.J. (Hannes) van der Merwe vanaf sy "Pa", Agtergelaat aan J.F. (Koos) van der Merwe vanaf sy "Oupa". Sal die "Pa"/"Oupa" A.J. Heyman OF J.F. van der Merwe wees?
Hierdie is nie ‘n
profesionele blad met nagevorsde inligting nie.
Ek is bloot ‘n
amateur wat my familie wil opspoor, en in die proses my versamelde inligting
met ander deel.